Landloop
Hoërskool Linden se landloop bied gereelde oefening en deelname aan liga-, cluster- en aflosbyeenkomste, waar leerders teen ander skole kompeteer. Die sport bevorder uithouvermoë, spanwerk en volharding en versterk ’n aktiewe sportkultuur.
ALGEMEEN
Oefentye
Oefeninge vind deurlopend die jaar op Maandae tot Donderdae (laatmiddae) plaas.
Oefenroosters word maandeliks op d6 geplaas. Kontak gerus die organiseerders vir verdere navrae.
Byeenkomste
Byeenkomste vind tydens die derde kwartaal grootendeels op Vrydae plaas.
Hoërskool Linden neem ook aan die Cluster-byeenkoms plaas, waar leerders die geleentheid het om vir die Distrik-, Provinsiale- en Nasionale-byeenkomste te kwalifiseer.
Voorgeskrewe Drag
- Nuwe atletiekdrag by www.nolimits.co.za beskikbaar. (Shop Schools → Hoërskool Linden). Pasgroottes is by die Sportkantoor beskikbaar.