Linden Nuus
bly ingelig bly verbind
Die Lindennuus is jou weeklikse venster na alles wat by Hoërskool Linden aan die gang is – van hoogtepunte tot nuusflitse, bly op hoogte en ingelig! Dis ook ’n wonderlike geleentheid vir die gemeenskap om betrokke te raak en jou besigheid in ons nuusbrief te adverteer. Kom deel in die storie!
Die jongste nuus:

Lindennuus Uitgawe 27 | 14 September 2026
In hierdie uitgawe van die Lindennuus kyk ons terug op ‘n besige en opwindende tyd by Hoërskool Linden. Mnr. Ferreira deel ‘n bemoedigende boodskap oor VOLHARD tot die einde van die kwartaal, terwyl ons leerders weer eens uitmunt op verskeie fronte. Op die sportveld vier ons Jeanne-Marié Kitshoff se puik prestasie in ritmiese gimnastiek, Aiden Bosman se persoonlike bestes in die swembad, sowel as oorwinnings deur ons o.14- en o.15-krieketspanne en die o.18 Fast Five-netbalspan. Op kultuurgebied is ons trots op Tatum Prall se prestasie by die SA Highland Dancing Championship en ons Serenade-groep wat deurgedring het na die Animato A Cappella-finaal.
Ons deel ook belangrike nuus soos die opening van jaarblad-bestellings, kaartjies vir die “Alice in Wonderland”-funksie, en ‘n opwindende lootjie ten bate van die skool se gimnasium.
Hoërskool Linden waardeer elke lid van ons gemeenskap wat met soveel liefde en toewyding agter ons staan. Ons sê opreg dankie aan elke borg, ouer, adverteerder en onderwyser wat ’n onmisbare rol speel in die groei en ontwikkeling van ons kinders. Julle ondersteuning is die fondament waarop ons toekoms bou, en ons is oneindig dankbaar vir julle vertroue en betrokkenheid.
Lindennuus 2026

Lindennuus Uitgawe 27 | 14 September 2026
In hierdie uitgawe van die Lindennuus kyk ons terug op ‘n besige en opwindende tyd by Hoërskool Linden. Mnr. Ferreira deel ‘n bemoedigende boodskap oor VOLHARD tot die einde van die kwartaal, terwyl ons leerders weer eens uitmunt op verskeie fronte. Op die sportveld vier ons Jeanne-Marié Kitshoff se puik prestasie in ritmiese gimnastiek, Aiden Bosman se persoonlike bestes in die swembad, sowel as oorwinnings deur ons o.14- en o.15-krieketspanne en die o.18 Fast Five-netbalspan. Op kultuurgebied is ons trots op Tatum Prall se prestasie by die SA Highland Dancing Championship en ons Serenade-groep wat deurgedring het na die Animato A Cappella-finaal.
Ons deel ook belangrike nuus soos die opening van jaarblad-bestellings, kaartjies vir die “Alice in Wonderland”-funksie, en ‘n opwindende lootjie ten bate van die skool se gimnasium.

Lindennuus Uitgawe 26 | 7 September 2026
In hierdie uitgawe kyk ons terug na die Wynveiling, vier ons uitstekende sportprestasies in krieket, hokkie en tennis, en deel ons leerders se besonderse kultuurprestasies. Ons hoof herinner ons ook om ons energie te gebruik op dit wat werklik saak maak.Ons vier uitstekende prestasies in ritmiese gimnastiek, landloop, Fast 5-netbal en ruitersport, asook ons leerders se besondere kultuurprestasies by Lindenklassiek, Legends of Arts, die Sentraal-Gauteng Eisteddfod en Conspirito.

Lindennuus Uitgawe 25 | 31 Augustus 2026
In hierdie week se LindenNuus vier ons ons leerders se uitstekende prestasies in ruitersport, landloop, Fast 5-netbal, skaak, skerm, Con Spirito, sang en kortfilm. Ons deel ook belangrike inligting oor die Graad 8-aansoeke vir 2027. Lees gerus saam en bly op hoogte van alles wat by Linden gebeur!
Ons vier uitstekende prestasies in ritmiese gimnastiek, landloop, Fast 5-netbal en ruitersport, asook ons leerders se besondere kultuurprestasies by Lindenklassiek, Legends of Arts, die Sentraal-Gauteng Eisteddfod en Conspirito.
Lindennuus 2025 [vorige uitgawes]

Lindennuus Uitgawe 34 | 27 Oktober 2025
Hoërskool Linden vier aan die einde van 2025 ’n jaar van uitnemendheid en gemeenskapstrots. Die skool het groot prestasies behaal op akademiese, sport- en kultuurgebied, met hoogtepunte soos ’n suksesvolle Manneaand, uitstekende redenaarsuitslae, die Kultuurprysuitdeling, en ’n sportjaar vol oorwinnings en erkennings. Linden Rugby skuif in 2026 ’n afdeling op, en verskeie spanne het sterk vertoon. Die jaarbladbestellings is oop en die eksamentyd het begin. Dr. Johan Wiehahn bedank ouers, personeel en leerders vir hul bydraes en wens almal ’n geseënde rusperiode toe

Lindennuus Uitgawe 33 | 21 Oktober 2025
Hierdie week se Lindennuus fokus op die begin van die matriekeksamen, met ’n boodskap van sterkte vanaf die skoolhoof. Die uitgawe vier ook verskeie kultuur- en sportprestasies: van die glansryke Modeparade en talentvolle Tienertoneel tot uitsonderlike prestasies by redenaars-, serenade- en drumlinekompetisies. Op sportgebied spog Linden met sterk vertonings in gimnastiek, tennis, rugby, skerm en krieket, met verskeie leerders wat provinsiale erkenning ontvang het. Gemeenskapsbetrokkenheid bly ’n kernfokus, en belangrike datums soos jaarbladbestellings en sportbyeenkomste word uitgelig.

Lindennuus Uitgawe 32 | 13 Oktober 2025
In hierdie week se Lindennuus is daar baie om opgewonde oor te wees! Ons trap die nuwe — en laaste — kwartaal van die jaar af met terugblikke op al die sport- en kultuurhoogtepunte van die vakansie. Ons herleef spesiale oomblikke van die matriekafskeid en Artes-aand, en kyk vol entoesiasme vorentoe na die besige kwartaal wat voorlê.

Lindennuus Uitgawe 31 | 22 September 2025
In hierdie week se LindenNuus:
Ons almal voel die moegheid, en Dok deel raad oor hoe om vas te byt tot by die vakansie. Ons bring terugflitse van die sêrenade, die MUN-debat en ons eie filmsterre. Op die sportfront kyk ons na rugby sevens, tennis, binnenshuise hokkie én die groot netbaltoernooi wat oor die naweek by ons aangebied is. Moet ook nie die advertensies en aankondigings mis wat wys wat alles nog voor én net ná die vakansie gaan gebeur nie.

Lindennuus Uitgawe 30 | 16 September 2025
In hierdie week se Lindennuus kyk ons terug na die hoogtepunte van die afgelope week. Dinge begin rustiger raak soos ons nader beweeg aan die einde van die kwartaal, maar daar was steeds heelwat om oor te vertel!

Lindennuus Uitgawe 29 | 8 September 2025
In die week se LindenNuus gesels ons oor integriteit, blik ons terug op die Lindenfees en kyk ons na al die sport- en kultuuraktiwiteite van verlede week.