Linden Nuus
bly ingelig bly verbind
Die Lindennuus is jou weeklikse venster na alles wat by Hoërskool Linden aan die gang is – van hoogtepunte tot nuusflitse, bly op hoogte en ingelig! Dis ook ’n wonderlike geleentheid vir die gemeenskap om betrokke te raak en jou besigheid in ons nuusbrief te adverteer. Kom deel in die storie!
Die jongste nuus:

Lindennuus Uitgawe 28 | 12 Oktober 2026
In hierdie uitgawe van LindenNuus vier ons besonderse sport- en kultuurprestasies, die matriekafskeid, Modeparade en ons kleurvolle Colour Run ten bate van geestesgesondheid. Ons deel ook hoogtepunte van Artes en die koortoer, terwyl mnr. Ferreira ons herinner aan die belangrikheid van welstand en ’n stewige fondasie vir die pad vorentoe.
Ons deel ook belangrike nuus soos die opening van jaarblad-bestellings, kaartjies vir die “Alice in Wonderland”-funksie, en ‘n opwindende lootjie ten bate van die skool se gimnasium.
Hoërskool Linden waardeer elke lid van ons gemeenskap wat met soveel liefde en toewyding agter ons staan. Ons sê opreg dankie aan elke borg, ouer, adverteerder en onderwyser wat ’n onmisbare rol speel in die groei en ontwikkeling van ons kinders. Julle ondersteuning is die fondament waarop ons toekoms bou, en ons is oneindig dankbaar vir julle vertroue en betrokkenheid.
Lindennuus 2026
Lindennuus 2025 [vorige uitgawes]

Lindennuus Uitgawe 34 | 27 Oktober 2025
Hoërskool Linden vier aan die einde van 2025 ’n jaar van uitnemendheid en gemeenskapstrots. Die skool het groot prestasies behaal op akademiese, sport- en kultuurgebied, met hoogtepunte soos ’n suksesvolle Manneaand, uitstekende redenaarsuitslae, die Kultuurprysuitdeling, en ’n sportjaar vol oorwinnings en erkennings. Linden Rugby skuif in 2026 ’n afdeling op, en verskeie spanne het sterk vertoon. Die jaarbladbestellings is oop en die eksamentyd het begin. Dr. Johan Wiehahn bedank ouers, personeel en leerders vir hul bydraes en wens almal ’n geseënde rusperiode toe

Lindennuus Uitgawe 33 | 21 Oktober 2025
Hierdie week se Lindennuus fokus op die begin van die matriekeksamen, met ’n boodskap van sterkte vanaf die skoolhoof. Die uitgawe vier ook verskeie kultuur- en sportprestasies: van die glansryke Modeparade en talentvolle Tienertoneel tot uitsonderlike prestasies by redenaars-, serenade- en drumlinekompetisies. Op sportgebied spog Linden met sterk vertonings in gimnastiek, tennis, rugby, skerm en krieket, met verskeie leerders wat provinsiale erkenning ontvang het. Gemeenskapsbetrokkenheid bly ’n kernfokus, en belangrike datums soos jaarbladbestellings en sportbyeenkomste word uitgelig.

Lindennuus Uitgawe 32 | 13 Oktober 2025
In hierdie week se Lindennuus is daar baie om opgewonde oor te wees! Ons trap die nuwe — en laaste — kwartaal van die jaar af met terugblikke op al die sport- en kultuurhoogtepunte van die vakansie. Ons herleef spesiale oomblikke van die matriekafskeid en Artes-aand, en kyk vol entoesiasme vorentoe na die besige kwartaal wat voorlê.

Lindennuus Uitgawe 31 | 22 September 2025
In hierdie week se LindenNuus:
Ons almal voel die moegheid, en Dok deel raad oor hoe om vas te byt tot by die vakansie. Ons bring terugflitse van die sêrenade, die MUN-debat en ons eie filmsterre. Op die sportfront kyk ons na rugby sevens, tennis, binnenshuise hokkie én die groot netbaltoernooi wat oor die naweek by ons aangebied is. Moet ook nie die advertensies en aankondigings mis wat wys wat alles nog voor én net ná die vakansie gaan gebeur nie.

Lindennuus Uitgawe 30 | 16 September 2025
In hierdie week se Lindennuus kyk ons terug na die hoogtepunte van die afgelope week. Dinge begin rustiger raak soos ons nader beweeg aan die einde van die kwartaal, maar daar was steeds heelwat om oor te vertel!

Lindennuus Uitgawe 29 | 8 September 2025
In die week se LindenNuus gesels ons oor integriteit, blik ons terug op die Lindenfees en kyk ons na al die sport- en kultuuraktiwiteite van verlede week.