rugby
By Linden het ons ’n uitstekende rugbyprogram, en ons nooi u graag uit om deel te word van die Linden-rugbyfamilie.
Ons visie is om ’n sterk rugbykultuur te bou en hoë prestasies te handhaaf. Elke rugbyspeler is vir ons belangrik, en ons streef daarna om op ’n mededingende vlak deel te neem.
Ons missie is om voortdurend te ontwikkel namate die spel verander. Skolierugby is voortdurend in beweging, en daarom volg ons ’n hoëprestasie-benadering in alle aspekte van die spel.
Rúan Basson & Martin Henning
Dries du Toit & Gerrie Scheepers
Ethan Scrooby Buite Afrigter & Marco Jansen van Rensburg
Ruan Muller & Eduan van den Berg
Andrew Todd & Francois Bonthuys
Rugga School
“Rugga School” is ’n fantastiese model om by betrokke te raak, veral wat betref posisie- en spelverwante vaardighede, krag, kondisionering en spanbou.
Leerders word afgerig deur gekontrakteerde Leeus-spelers, en hierdie is ook ’n model wat ons permanent op ’n weeklikse basis by Hoërskool Linden fasiliteer.
Rugby Hoogtepunte
ALGEMEEN
OEFENTYE
Oefeninge vind gedurende die eerste, tweede en derde kwartaal van Maandae tot Vrydae plaas.
Oefenroosters word maandeliks op d6 gelaai. Kontak gerus die organiseerder vir enige verdere navrae.
WEDSTRYDE
Hoërskool Linden speel in Afdeling 3 van die Goue Leeus-liga, waar spanne die geleentheid het om vir die Noordvaal-kompetisie te kwalifiseer. Let asseblief daarop dat die Goue Leeus nie oor ‘n Afdeling 2 beskik nie.
Skole teen wie ons meeding sluit in: Hoërskool Florida, Riebeeckrand, Fochville, Allen Glen High, Glenharvie en Bastion.
Ons neem ook jaarliks deel aan die voorseisoen Superreeks, waar ons teen Hoërskool Brandwag, Tuine, Bastion, Wagpos, Birchleigh, Vereeniging Gimnasium en Generaal Hertzog meeding.
Linden neem verder ook jaarliks deel aan die FNB Classic Clash teen Hoërskool Randburg.
Gedurende Kwartaal 3 en 4 vind daar ook 7’s-rugby plaas, en spelers word aangemoedig om betrokke te bly. Linden neem onder andere deel aan die Bergsig 7’s- en Randburg 7’s-toernooie.
VOORGESKREWE DRAG
Eerste- en Tweede-span:
Die drag vir hierdie spanne word jaarliks deur Hoërskool Linden voorgeskryf en verskil van dié van die jonger spanne.
Junior- en o/16-spanne:
Die groen Hoërskool Linden-rugbybroek is beskikbaar by die Sportkantoor.
Wit Linden-rugbykouse is beskikbaar by Burger Broers en Constantia Schoolwear.







