Linden Sosiaal
ons speel so hard as wat ons leer
By Hoërskool Linden glo ons dat skool meer is as net boeke en eksamens — dit gaan ook oor vriendskap, samehorigheid en onvergeetlike herinneringe. Ons bied ‘n verskeidenheid sosiale geleenthede en aktiwiteite wat leerders die kans gee om hulself uit te leef, nuwe mense te ontmoet en ‘n sterk gemeenskapsgevoel te ontwikkel— hier bou ons verhoudings wat ’n leeftyd hou.
sosiale geleenthede
By Hoërskool Linden handhaaf ons ’n gesonde balans tussen akademie, sport, kultuur en ’n lewendige sosiale lewe. Ons werk hard, maar ons kuier ook graag saam. Vriendskappe, verhoudings en gemeenskapsbetrokkenheid is vir ons belangrik – dis deel van wat Linden uniek maak. Deur die jaar bied ons ’n verskeidenheid sosiale funksies aan wat leerders, ouers en personeel die geleentheid gee om mekaar op ’n informele manier beter te leer ken. Hierdie geleenthede dra nie net by tot die welstand van ons skoolgemeenskap nie, maar speel ook ’n belangrike rol in fondsinsameling en gemeenskapsbou. Ons glo dat Linden se impak nie by die skoolhekke eindig nie — daarom nooi ons ouers, Oud-Lindeniete en die breër gemeenskap uit om aktief betrokke te raak. Raadpleeg gerus ons skoolkalender vir die jongste sosiale funksies en datums.
Valbal
By Hoërskool Linden glo ons in liefde, omgee en samehorigheid — en daarom vier ons elke jaar Valentynsdag met ‘n spesiale Valentynsdans in Februarie. Die graad 11-leerders is verantwoordelik vir die dekor en tema van die aand, en elke jaar verras hulle met kreatiwiteit en flair. Die dans is oop vir alle leerders van die skool, en volgens tradisie woon die graad 8’s dit in hul skoolklere by. Dit is altyd ‘n vrolike en feestelike geleentheid waar herinneringe gemaak word en liefde gevier word — die Linden-manier.
Valbal
By Hoërskool Linden glo ons in liefde, omgee en samehorigheid — en daarom vier ons elke jaar Valentynsdag met ‘n spesiale Valentynsdans in Februarie. Die graad 11-leerders is verantwoordelik vir die dekor en tema van die aand, en elke jaar verras hulle met kreatiwiteit en flair. Die dans is oop vir alle leerders van die skool, en volgens tradisie woon die graad 8’s dit in hul skoolklere by. Dit is altyd ‘n vrolike en feestelike geleentheid waar herinneringe gemaak word en liefde gevier word — die Linden-manier.
Mnr en Mej Linden
Mnr en Mej Linden is ‘n spogfunksie en een van die hoogtepunte op die jaarlikse sosialekalender. Leerders word deur hulle klasmaats genomineer en gekies as finaliste. ‘n Bekende gaskunstenaar en beoordelaars word genooi om glans aan die aand te verleen. Die finaliste neem ondermeer deel aan ‘n energieke groepsdans wat volgens die tema gechoreografeer word. Daarbenewens moet elke paartjie hul eie dans uitvoer asook die loopplank in formele aanddrag trotseer. Die gekose Mnr. En Mej. Linden dien dan vir ‘n jaar as die ‘gesig’ van Linden en woon byeenkomste in hierdie hoedanigheid by.
Mnr en Mej Linden
Mnr en Mej Linden is ‘n spogfunksie en een van die hoogtepunte op die jaarlikse sosialekalender. Leerders word deur hulle klasmaats genomineer en gekies as finaliste. ‘n Bekende gaskunstenaar en beoordelaars word genooi om glans aan die aand te verleen.
Die finaliste neem ondermeer deel aan ‘n energieke groepsdans wat volgens die tema gechoreografeer word.
Daarbenewens moet elke paartjie hul eie dans uitvoer asook die loopplank in formele aanddrag trotseer. Die gekose Mnr. En Mej. Linden dien dan vir ‘n jaar as die ‘gesig’ van Linden en woon byeenkomste in hierdie hoedanigheid by.
Meidans
Die Meidans is een van Hoërskool Linden se oudste en mees geliefde tradisies en vind elke jaar op die eerste Saterdagaand in Mei plaas. Dit is ’n formele geleentheid waar slegs graad 10 tot 12 leerders die voorreg het om dit by te woon. Die saal word omskep in ’n elegante onthaalruimte met mooi gedekte tafels en ’n driegang-maaltyd wat bedien word. Dit is die een aand van die jaar waar Lindeniete hulself in hul mooiste aandklere uitvat en saam herinneringe skep wat ’n leeftyd hou.
Meidans
Die Meidans is een van Hoërskool Linden se oudste en mees geliefde tradisies en vind elke jaar op die eerste Saterdagaand in Mei plaas. Dit is ’n formele geleentheid waar slegs graad 10 tot 12 leerders die voorreg het om dit by te woon.
Die saal word omskep in ’n elegante onthaalruimte met mooi gedekte tafels en ’n driegang-maaltyd wat bedien word. Dit is die een aand van die jaar waar Lindeniete hulself in hul mooiste aandklere uitvat en saam herinneringe skep wat ’n leeftyd hou.
Lindengees
By Hoërskool Linden leef ons gees! Ons dirigente lei met energie en trots by sport- en ander skoolgeleenthede en sorg dat die Linden-vlam helder brand. Ons ondersteun mekaar luidkeels, vier elke oorwinning en staan saam in nederlae. Deur ons geesdraers, liedjies en samehorigheid weerspieël ons die waardes, trots en unieke karakter van Linden. Hier is jy nooit alleen nie — jy’s deel van ‘n familie.
Lindengees
By Hoërskool Linden leef ons gees! Ons dirigente lei met energie en trots by sport- en ander skoolgeleenthede en sorg dat die Linden-vlam helder brand.
Ons ondersteun mekaar luidkeels, vier elke oorwinning en staan saam in nederlae. Deur ons geesdraers, liedjies en samehorigheid weerspieël ons die waardes, trots en unieke karakter van Linden. Hier is jy nooit alleen nie — jy’s deel van ‘n familie.
Matriekafskeid
Die matriekafskeid by Hoërskool Linden is ’n elegante en emosionele geleentheid wat die begin van die einde van ’n kosbare skoolloopbaan aandui. Matriekleerders arriveer in styl en word verwelkom met glans en trots. Die saal word met sorg en styl versier, en die aand is gevul met herinneringe, dankbaarheid en opwinding oor die toekoms. Dit is ’n viering van drome, groei en die pad vorentoe — ‘n aand wat elke Lindeniet vir altyd sal onthou.
Matriekafskeid
Die matriekafskeid by Hoërskool Linden is ’n elegante en emosionele geleentheid wat die begin van die einde van ’n kosbare skoolloopbaan aandui. Matriekleerders arriveer in styl en word verwelkom met glans en trots.
Die saal word met sorg en styl versier, en die aand is gevul met herinneringe, dankbaarheid en opwinding oor die toekoms. Dit is ’n viering van drome, groei en die pad vorentoe — ‘n aand wat elke Lindeniet vir altyd sal onthou.
fondsinsamelings sosiale geleenthede
Hoërskool Linden hou jaarliks vyf groot fondsinsamelingsfunksies wat nie net finansiële ondersteuning vir die skool bied nie, maar ook ‘n geleentheid skep vir die hele Linden-familie om saam te kom. Hierdie funksies bring ouers, personeel, besighede, die gemeenskap en leerders bymekaar in ‘n gesellige en samehorige atmosfeer, waar ons saam kuier, vier en ‘n verskil maak. Deur hierdie geleenthede ploeg ons terug in ons skool en belê ons in die toekoms van ons leerders, sodat ons steeds ‘n omgewing kan bou waar hulle akademies, kultureel en sportief kan floreer.