VOORNEMENDE LINDENIETE

word deel van die Linden-familie

GDO-AANSOEKE is OOP VIR 2026:

Besoek https://www.gdeadmissions.gov.za/ om aansoek te doen vir 2026

Linden: Méér as net ‘n skool –
‘n toekomsgerigte tuiste

Om ‘n hoërskool te kies, is een van die belangrikste besluite in jou kind se lewe. Dit is nie net ‘n plek waar hulle leer en hul sport en kultuur beoefen nie – dit is die begin van die reis na hul toekoms, vandaar ons tema hierdie jaar.

Die volgende vyf jaar is basies die tydperk waar jou kind se eie unieke identiteit gevorm moet word. By Linden bied ons ‘n veilige, ondersteunende omgewing waar jou kind in hul moedertaal kan ontwikkel en presteer.

By Linden is jy nie net ‘n leerder nie – jy is ‘n Lindeniet! Hier leef ons voluit – ons werk hard en speel net so hard. Op die sportveld, in die klaskamer, op die verhoog – ons dryf mekaar om beter te wees, hoër te mik en verder te droom. En al reën dit soms om ons, hou ons nie op nie, maar gaan ons aan, want more skyn die son weer.

By Linden val niemand deur die krake nie. Hier is elke leerder belangrik, en ons sorg dat almal dieselfde geleenthede kry om hul volle potensiaal te bereik. Vyf jaar is ‘n lang tyd – dit gaan nie net oor akademie nie, maar oor waar jou kind gelukkig sal wees.

belangrike inligting:

INLIGTINGS VORM

Hierdie is die vorm wat tydens die opedag bespreek is. U MOET ASSEBLIEF U INLIGTING VERSKAF om op hoogte gehou te word van kommunikasie rakende Graad 8-inskrywings vir 2026, asook om ’n verduideliking te ontvang van hoe die registrasieproses werk.

Hierdie is die enigste e-poslys wat ons gaan gebruik om verdere kommunikasie te verskaf, insluitend belangrike datums, prosedures en opvolg inligting.

KONTAKTE:

  • LEERDERAANGELEENTHEDE – INSKRYWINGS: Pauline Grobler (pauline.grobler@linden.co.za)
  • FINANSIES: Carol-Ann Boshoff (Carol-Ann.Boshoff@linden.co.za)
  • BUSVERVOER: Susan Esterhuizen (susan.esterhuizen@linden.co.za)
  • BEMARKING: Marisca Victor (marisca.victor@linden.co.za)

LINDENIET PASPOORT