Debat
Debat by Linden is waar gedagtes skerp geslyp word en stemme selfvertroue kry. Leerders leer om krities te dink, logies te redeneer en hul menings met respek en oortuiging te verwoord.
Dit is meer as net argumenteer – dit gaan oor luister, verstaan, navors en dink op jou voete. Deur debat ontwikkel leerders leierskap, selfvertroue en die vermoë om standpunte duidelik en verantwoordelik te kommunikeer – vaardighede wat ver buite die klaskamer waardevol is.
Debat vorm denkers, leiers en selfversekerde kommunikeerders
ALGEMEEN
DEBAT
Debat word gesien as ‘n forum vir die intellektuele. ‘n Platform om kwessies eerbaar en insiggewend te kan bespreek. Dit is ‘n genotvolle aktiwiteit en die doel daarvan is om elke deelnemer die vaardigheid van redenasie aan te leer, insluitend om jouself op ‘n gepaste wyse te kan uitdruk. As debatteerder moet jy jou standpunt kan verdedig met konkrete feite en ‘n gemoed van staal.
kOMPETISIES
Kompetisies vind plaas in die eerste en derde kwartaal van die skoolkalender.
Leerders neem deel aan die ATKV-debatskompetisie. Die eerste rondte en die semifinale van die kompetisie vind in Maart en in April plaas en die finaal in Augustus.
Die leerders neem ook deel aan die Con Spirito-debatskompetisie wat in Julie plaasvind.