koor

Die Linden Koor is ’n plek waar stemme saamvloei en musiek mense verbind. Leerders ontwikkel nie net sangtegniek en musikale begrip nie, maar leer ook dissipline, samewerking en selfvertroue. Deur optredes en oefeninge bou die koor ’n sterk gevoel van samehorigheid en trots, en skep dit oomblikke waar emosie, harmonie en skoolgees hand aan hand gaan. Die Linden Koor gee klank aan wie ons is.

ALGEMEEN

Die Lindenkoor bestaan reeds vir jare en is ‘n instelling in die gemeenskap. Die koor spog met vele cd’s op hulle kerfstok en het oor die jare verskeie nasionale en internasionale toekennings by koorfeeste en -kompetisies verwerf. Die Lindenkoor is ‘n hardwerkende groep leerders wat lief is vir musiek en graag ander mense met hulle Godgegewe talente wil bedien. Die koor onder leiding van Raine Pienaar bring die hemelse klank af aarde toe en groei van krag tot krag.

Kompetisies

Deelname aan die Lindenkoor vind regdeur die jaar plaas.

Hoërskool Linden neem deel aan die volgende kompetisies en optredes:

  • NEA
  • Koorfeeste A
  • Cameratal
  • ATKV-Applous

Naweekkampe in Februarie en Oktober

Toer in Junie/Julie vir twee weke tydens die skoolvakansie