Tienertoneel
Tienertoneel by Linden gee leerders die geleentheid om hulself deur drama uit te druk en stories met egtheid en insig te vertel. Deur toneelspel ontwikkel leerders selfvertroue, empatie en kreatiewe denke, terwyl hulle leer om saam te werk en op ’n verhoog teenwoordig te wees. Tienertoneel skep ’n veilige ruimte waar stemme gehoor word en talent kan groei.
ALGEMEEN
Tienertoneel
Tienertoneel is ‘n aktiwiteit waar hoërskoolleerders ‘n liefde vir Afrikaanse toneelspel kan aanleer en beoefen. Leerders kry die geleentheid om hulle eie kreatiwiteit en talente te ontgin en te ontwikkel. Leerders word nie net blootgestel aan toneelspel nie, maar ook aan aspekte soos kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur en choreografie.
Kompetisies
Deelname aan Tienertoneel vind van Januarie tot Augustus plaas
Kompetisies vind plaas in die derde kwartaal van die skoolkalender.
Hoërskool Linden neem deel aan die ATKV-Tienertoneelkompetisie en Pronk Podium