Linden Sport

'n leerskool vir die lewe

Hoërskool Linden het ‘n trotse sportnalatenskap wat deur die skool se geskiedenis strek. Ons streef daarna om aan elke leerder verskeie geleenthede in soveel sportkodes as moontlik te bied. Die doel is om fisiese welstand en ‘n gebalanseerde leefstyl te bevorder om die holistiese ontwikkeling van elke leerder te verseker. Kwaliteit afrigting en fasiliteite is beskikbaar vir elke Hoërskool Linden-leerder om te verseker dat ons te alle tye tot ons volle potensiaal presteer. Die skool neem jaarliks deel aan talle feeste, derbydae en ligas, wat leerders genoeg geleentheid gee om deel te neem en te presteer.

SportKODES wat ons aanbied

Hoërskool Linden bied 12 groot sportkodes aan en moedig alle leerders aan om aktief aan sport deel te neem. Van rugby, netbal en hokkie tot atletiek, swem en tennis – is daar iets vir elke sportliefhebber. Linden se sportprogram fokus nie net op kompetisie nie, maar ook op karakterbou, dissipline en gesonde leefstylkeuses, wat leerders help om hul volle potensiaal te bereik, beide op en van die speelveld af.

groot sportkodes:

ATLETIEK

HOKKIE

KRIEKET

NETBAL

RUGBY

SWEM

TENNIS

kleiner sportkodes:

E-SPORT

FIETSRY

GHOLF

LANDLOOP

RUITERSPORT

SKAAK

SKYFSKIET

buiteSporte:

Hoërskool Linden is trots op die feit dat ons aan verskeie buitesportsoorte erkenning gee.

Kontak vir Rúan vir alle sport navrae

ruan.basson@linden.co.za

"By Hoërskool Linden neem jy deel, word jy deel en bly jy vir altyd deel van ons sportkultuur wat berus op respek, uitnemendheid, integriteit en lojaliteit."

E-sport

Wat is E-sport?

E-sport is ’n vorm van kompeterende sport waar leerders in spanne op digitale platforms teen mekaar meeding deur middel van video-speletjies. Dit is veel meer as net speel – dit bevorder waardevolle vaardighede wat tot sukses binne én buite die klaskamer bydra.

E-sport help leerders ontwikkel in verskeie sleutelareas:

  • Konseptuele denke: Om uit te blink, verg vinnige denke, kreatiewe probleemoplossing, strategiese beplanning en effektiewe uitvoering.

  • Spanwerk: Goeie kommunikasie en samewerking is noodsaaklik – ’n vaardigheid wat in die werksplek én in die lewe tel.

  • Sportmanskap: Soos op die sportveld, leer spelers hier om emosies te bestuur, te groei deur mislukking en respek te hê vir teenstanders.

E-sport brei die speelveld vir deelname uit – dit is inklusief en toeganklik vir alle leerders, ongeag geslag, vaardigheid, kultuur of ligging.

Boonop bied dit ’n uitstekende manier om leerderbetrokkenheid by die skool te bevorder en nuwe geleenthede vir deelname te skep.

Liga’s en toernooie

  • Die toernooi het 2 hoofafdelinas waaraan spanne deelneem, naamlik Rocket Leaque (RL) en Counter Strike: Global Offence (CS:GO). Die hoeveelheid spanne en skole betrokke verander elke jaar.

fietsry

Oefentye

  • Oefensessies vind gedurende die eerste, tweede en derde kwartaal plaas op Maandae, Donderdae en Vrydae.
  • Die oefenrooster word maandeliks op d6 geplaas. Kontak asseblief die organiseerder indien u enige verdere navrae het.

Wedrenne

  • Hoërskool Linden neem jaarliks deel aan die Cycle Lab MTB Skolereeks, wat vanaf Mei in die tweede kwartaal plaasvind. Hierdie veldfietsreeks bied aan ons fietsryers ’n ideale geleentheid om hul vaardighede in ’n mededingende, maar ondersteunende omgewing te ontwikkel en uit te leef.

Voorgeskrewe Drag

  • Alle ryers: Linden Fietsryhemp by www.nolimits.co.za beskikbaar. (Shop Schools → Hoërskool Linden).

gholf

Oefentye

Oefeninge vind deurlopend op Donderdae en Vrydae plaas en word elke maand saamgestel uit:

  • Twee oefensessies by die Parkview Gholfbaan

  • Een sessie in die Linden Sportsentrum

  • Een moontlike vriendskaplike bepaling

Die oefenrooster word maandeliks op D6 geplaas. Kontak gerus die organiseerder vir enige verdere navrae of besonderhede.

Ligas en Kompetisies

  • Hoërskool Linden se gholfspan neem jaarliks met trots deel aan verskeie kompetisies en ligawedstryde wat leerders die geleentheid gee om hul vaardighede teen ander topspelers te toets:

    • Wesrandse Skoleliga – Vanaf die derde kwartaal meet skole van die Wesrand hul kragte in dié sterk mededingende liga.

    • Noordvaal Topskole Kompetisie – ’n Hoogtepunt van die derde kwartaal waar die beste skole in die streek meeding.

    • Vriendskaplike bepalings – Deurlopend word daar vriendskaplike wedstryde gereël om spelervaring en spanbou te bevorder.

    • Dainfern Golf Challenge – Elke Februarie neem ons aan hierdie uitdagende en gewilde kompetisie deel.

    • Linden Uitspele – Interne uitspeelrondes in Februarie en Junie waar leerders hul plek in die span kan verdien.

    Hierdie kompetisies bied waardevolle blootstelling, verbeter spelstrategie en versterk spangees onder spelers.

Voorgeskrewe Drag

  • 1ste span: Drag word jaarliks deur Hoërskool Linden voorgeskryf en verskil van die jonger spanne

    Ander spanne: Chino-broek met Hoërskool Linden moulose top met kragie vir Dogters, Chino-broek en LO-gholfhemp met kraag vir Seuns. Wit kort Linden-

    collice lindon-notto Mrom kuwnounolimite engo hockilhoar (Chon Cohoole a Ha”rebool I indon). sokkies. Linden-pette. Drag by www.nolimits.co.za beskikbaar. (Shop Schools → Hoërskool Linden).

Landloop

Oefentye

Oefeninge vind deurlopend die jaar op Maandae tot Donderdae (laatmiddae) plaas.

Oefenroosters word maandeliks op d6 geplaas. Kontak gerus die organiseerders vir verdere navrae.

Byeenkomste

  • Byeenkomste vind tydens die derde kwartaal grootendeels op Vrydae plaas.

    Hoërskool Linden neem ook aan die Cluster-byeenkoms plaas, waar leerders die geleentheid het om vir die Distrik-, Provinsiale- en Nasionale-byeenkomste te kwalifiseer.

Voorgeskrewe Drag

  • Nuwe atletiekdrag by www.nolimits.co.za beskikbaar. (Shop Schools → Hoërskool Linden). Pasgroottes is by die Sportkantoor beskikbaar.

Skaak

Oefentye

  • Oefeninge vind deurlopend die jaar op Woensdae-middae vanaf 14:30-16:00 by Hoërskool Linden plaas

Ligas en Kompetisies

  • Linden neem jaarliks in verskeie toernooie, asook die distrik- en provinsiale uitspele deel. Ons lewer op ‘n jaarlikse basis D10-spelers op wat ook aan die Gauteng Kampioenskappe deelneem. Selektiewe leerders  word ook by provinsiale spanne ingesluit om op Nasionale vlak deel te neem en te presteer. Linden presteer ook jaarliks in die JHB North West Chess League.

Voorgeskrewe Drag

  • Formeel en netjies in skooldrag

sKYFSKIET

Oefentye

Leerders word na afloop van die proewe in Januarie in tydsgleuwe vanaf Maandae tot Donderdae vanaf 14:30-16:30 ingedeel Oefeninge vind by Hoërskool|

Linden plaas en die skool beskik oor alle toerusting.

Ligas en Kompetisies

  • Linden neem aan die GTRA-ligastruktuur deel wat ons skuts die geleentheid bied om deur skole-strukture vir die GSSU Kampioenskappe (provinsiaal) en die SANSSU Kampioenskappe (nasionaal) te kwalifiseer. Ons beskik ook oor die Linden Skietklub wat leerders die geleentheid bied om verder buite die strukture van skoleskiet te presteer.