Die battery (drumline)
Die Drumline by Battery Hoërskool Linden is meer as net ritme op tromme. Dit is ’n energieke groep leerders wat saam drum, marsjeer en fokus op spierbeheer, samewerking en presisie. Die drumline bring ritme na skoolgebeurtenisse, sokkerdae en optredes, en is ’n bron van trots en samehorigheid. Dit bou nie net musikale vaardighede nie, maar ook vertroue, spanwerk en skoolgees
ALGEMEEN
Die Linden Battery
Die Linden Battery is ‘n drumline wat in 2020 op die been gebring is. Die Linden Battery sorg vir die Lindengees en word betrek by alle sport- en skoolgeleenthede. Die Battery het die afgelope paar jaar gegroei tot ‘n seuns- en dogtersbattery wat oral optree en aan die Eisteddfod ook nou deelneem.
Organiseerder
Menine de Villiers