Linden Klassiek

Linden Klassiek is ’n elegante, formele glansgeleentheid wat klassieke musiek vier sonder die druk van kompetisie. Hierdie besonderse aand dien as ’n verfynde skouspel waar leerders met klassieke musikale vaardighede die geleentheid kry om hul talent vrylik uit te leef en met trots ten toon te stel. Linden Klassiek fokus op waardering, uitdrukking en die skoonheid van musiek, en skep ’n ruimte waar passie en vakmanskap sentraal staan.

ALGEMEEN

Linden Klassiek is ‘n formele glansgeleentheid en ‘n skouspel van klassieke musiek sonder die element van kompetisie. Die doel van hierdie aktiwiteit is om aan elke leerder met ‘n klassieke musikale vaardigheid ‘n platform te bied om sy/haar talent uit te leef en ten toon te stel.

Linden Klassiek vind in die derde kwartaal van die skoolkalender plaas