Bemarking

geleenthede om uitnemendheid te vier

By Hoërskool Linden streef ons daarna om ons skool se uitnemendheid, gehalte-onderrig, en diverse geleenthede met trots aan die gemeenskap bekend te stel. Ons bemarkingsinisiatiewe sluit sosiale media, opwindende veldtogte, en gemeenskapsbetrokkenheid en skakeling met laerskole in. Ons doelwit is om ons unieke identiteit as ‘meer as net ’n skool’ te beklemtoon.

Ons fokus daarop om ons leerders, ouers, alumni, en toekomstige Lindeniete te inspireer en te verbind deur aktiwiteite, prestasies, en waardevolle tradisies te deel.

Kontak vir MARISCA VICTOR VIR ENIGE NAVRAE

Kry die

lindennuus

Lindennuus Uitgawe 34 | 27 Oktober 2025

raak betrokke by ons

Wil jy of jou besigheid as borg by Hoërskool Linden inskakel? Ons bied verskeie platforms om jou handelsmerk sigbaar te maak deur unieke funksies en bemarkingsgeleenthede.

Word deel van die Linden-famile

Word 'n borg

Word deel van die Linden-famile

Word 'n borg

Word deel van die Linden-famile

Word 'n borg

borge

Wil jy of jou besigheid ‘n verskil maak deur as borg by Hoërskool Linden betrokke te raak?

Ons waardeer elke borgskap en samewerking van die gemeenskap wat ons help om ons leerders se toekoms te bou. By Hoërskool Linden bied ons verskeie bemarkingsgeleenthede en projekte waar jou handelsmerk sigbaarheid kry terwyl jy ‘n positiewe impak maak. Van sport- en kultuurborgskappe tot spesiale geleenthede en digitale bemarking – is daar ‘n geleentheid vir elke besigheid om deel te wees van ons suksesverhaal.

Kom wees deel van iets groter – saam bou ons ‘n toekoms.

KONTAK VIR MARISCA KRÜGER VIR ENIGE NAVRAE

fondsinsameling

Hoërskool Linden hou jaarliks vyf groot fondsinsamelingsfunksies wat nie net finansiële ondersteuning vir die skool bied nie, maar ook ‘n geleentheid skep vir die hele Linden-familie om saam te kom. Hierdie funksies bring ouers, personeel, besighede, die gemeenskap en leerders bymekaar in ‘n gesellige en samehorige atmosfeer, waar ons saam kuier, vier en ‘n verskil maak. Deur hierdie geleenthede ploeg ons terug in ons skool en belê ons in die toekoms van ons leerders, sodat ons steeds ‘n omgewing kan bou waar hulle akademies, kultureel en sportief kan floreer.

funksies

KKW Kuier -
7 Maart 2025

Ons grootste ouers-fondsinsamelingsaksie, die KKNW – Kuns, Kaas en Wyn Kuier, bring sedert 2023 ouers, die gemeenskap en vriende saam vir ‘n aand vol heerlike kos, pragtige kuns en goeie musiek. Hier word unieke ervarings, kunsskeppings van ons leerders, en hoë gehalte wyn opgeveil ten bate van die skool se projekte.

Gholfdag-
6 Junie 2025

Hoërskool Linden se gholfdag vind by die Randpark Gholfklub plaas. Die geleentheid is 'n hoogtepunt op ons Fondsinsamelings se kalender. Die gholfdag sluit 'n ligte halfweghuis- en aandete in en vele groot pryse is op die spel. Borgskap-geleenthede is aan individue en besighede beskikbaar.

Lindenfees-
6 September 2025

In September is dit weer tyd vir die Lindenfees – ’n hoogtepunt op Hoërskool Linden se kalender! Hierdie fees is nie net die grootste sosiale geleentheid van die jaar nie, maar ook ’n wonderlike kans om die gemeenskap bymekaar te bring. Kom kuier saam en wees deel van die Linden-gees!

Manne aand-
25 Oktober 2025

Hoërskool Linden se jaarlikse Manneaand is ’n hoogtepunt vir alle manne wat hou van goeie geselskap, heerlike kos en inspirasie. Dit is ’n geleentheid waar vriendskappe versterk word en gassprekers motivering en insig deel en die gemeenskap bymekaar kom—’n aand van kameraderie en krag!

Dames oggend-
18 Oktober 2025

Hoërskool Linden se jaarlikse Damesoggend is ’n spesiale geleentheid waar dames bymekaarkom vir inspirasie, bederf en gesellige samesyn. Met pragtige dekor, heerlike verversings en inspirerende gaste, is dit ’n oggend vol styl, waardevolle insigte en onvergeetlike oomblikke!